Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Soektog na vrou van Brakpan eindig tragies

Die soektog na ’n vrou van Brakpan het tragies geëindig toe dele van ’n ontbinde lyk Dinsdag naby die Vaal-vakansieoord by Villiers ontdek is.

Volgens brig. Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, is Yolandi Botes (35) positief aan ’n tatoeëermerk uitgeken.

Botes is op 26 April vanjaar die laaste keer by die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park gesien toe ’n Uber-bestuurder haar opgelaai het.

Makhele sê ’n pa en seun het Dinsdag by die oord visgevang toe die seun iets wat soos ’n liggaamsdeel lyk in die water sien dryf.

Polisieduikers is ontbied en het sedertdien verskeie liggaamsdele in die rivier gekry.

“Dit is bevestig dat dit die lyk van Botes is wat vroeër as vermis in Brakpan aangemeld is,” sê Makhele.

Die familie sou Donderdag na Villiers gaan om haar uit te ken. Hulle is vir kommentaar genader, maar reageer nie op navrae nie.

Enigiemand met inligting oor die moord kan ao. Theuns Fourie by 082 3511 622 bel.

Yolandi Botes (35) is op 26 April vanjaar die laaste keer by die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park gesien.
Meer oor:  Yolandi Botes  |  Brakpan  |  Vrou  |  Soektog  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.