Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Soldaat skiet glo sy vrou, homself

’n Lid van die Suid-Afrikaanse Weermag en sy vrou is in ’n skietvoorval in Winburg in die Vrystaat dood.

Kapt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, sê ’n inwoner van Masakeng, Winburg, het Maandag omstreeks 13:00 die polisie gebel nadat hy ’n skietery by ’n huis in die gebied gehoor het.

Volgens die inwoner het hy voor dit gehoor hoe Dipuo Khoto (29) en haar man, Lebona Leselo (43) ’n hewige rusie in hul huis het.

Khosana sê die polisie het met hul aankoms gesien dat al die deure, asook ’n veiligheidsdeur gesluit is en moes die huis oopbreek om in te gaan.

Khosana sê die egpaar het kopwonde opgedoen en daar het ’n 9 mm-pistool langs hulle gelê.

Die vuurwapen het aan Leselo behoort, sê Khosana.

Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek en ondersoek ’n moordklag.

Leselo het by die weermag in Pretoria gewerk.

Meer oor:  Vrystaat  |  Winburg  |  Weermag  |  Skiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.