Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Soldate in arres ná hul beweer hulle is by myn ontplooi

Die polisie het vier soldate by die Matjhabeng-myn se Koedoe-mynskag buite Welkom in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat die mans gesê het dat die polisie hulle daar ontplooi het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê dié goudmyn se veiligheidswagte het die polisie se hulp ingeroep nadat die mans die myngebied onwettig binnegekom het.

Die polisie het die mans ondervra en hulle het gesê hulle is deur die polisie by die myn ontplooi.

Die mans het in wit bakkies met militêre nommerplate gery.

Makhele sê die polisie het die twee voertuie deursoek en op militêre uniforms en gewone nommerplate afgekom.

Hy sê die voertuie behoort nie aan die weermag nie.

Die militêre polisie se hulp is ingeroep en hulle het bevestig dat die soldate nie by die myn ontplooi is nie.

Die mans is in hegtenis geneem op klagte dat hulle saamgesweer het om ’n misdaad te pleeg.

Makhele sê hulle sal binnekort in die hof verskyn.

Meer oor:  Motantsi Makhele  |  Myn  |  Soldate  |  Ontplooi  |  Arres
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.