Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Soldate, polisie konfiskeer gesteelde goedere in Sebokeng

“Vula (maak oop), vula. As julle dit nie doen nie, sal ons die deur afbreek,” het polisiebeamptes, soldate en veiligheidswagte Donderdag geskree toe inwoners van ’n informele nedersetting weier om hul deure oop te maak.

’n Polisieman laai Donderdag in Sebokeng vermoedelik gesteelde goedere op ’n vragmotor. Foto: News24

Hulle was in die nedersetting Boiketlong by Sebokeng, in die Vaaldriehoek, om goedere wat in die onlangse gewelddadige strooptogte gesteel is, terug te kry.

Een van die vroue het klankstelsels, toiletware en alkohol in haar rusbanke weggesteek.

“Ons het motors gebruik om winkelsentrums in die twee dae te plunder,” het sy later erken.

Sy is in hegtenis geneem nadat die polisie ook nuwe klere, kos en nog alkohol in ’n ander vertrek gevind het.

Een van die blyplekke was goed gemeubileer, wat die vermoede laat ontstaan het dat die meubels ook gesteel is.

Beslag is ook gelê op ses groot sonpanele en winkeltrollies.

Twee bejaarde vroue is in die besit van dromme met tuisgemaakte drank gevind. Dit is uitgegooi. Die vroue het beweer dat hulle pynappels gebruik het om die alkohol te brou.

’n Bejaarde man wat in hegtenis geneem is nadat ysterware in sy huis gevind is, het beweer sy seun het die items gesteel.

Polisielede het ’n groot hoeveelheid vermoedelik gesteelde goedere op ’n vragmotor gelaai. ’n Handjievol mense is tot dusver in hegtenis geneem.

Meer oor:  Sebokeng  |  Vereenging  |  Gesteelde Goedere  |  Konfiskeer  |  Plundery En Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.