Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Soldate se ontplooiing ‘sal ’n verrassingselement hê’

Hoewel die weermag in gewelddadige gemeenskappe op die Kaapse Vlakte ontplooi gaan word, word die presiese datum as deel van die “verrassingselement” dig gehou.

Gemeenskappe op die bendegeteisterde Kaapse Vlakte wag sedert Donderdag dat die weermag opdaag in die tien woonbuurte soos vroeër deur Bheki Cele, minister van polisie, aangekondig is.

News24 het vroeër vandeesweek berig dat die ontplooiing egter vertraag word deur gereedheidsopleiding vir die troepe asook belangrike papierwerk wat afgehandel moet word.

Nou het die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, egter nóg ’n rede vir die vertraging verskaf.

“Dis altyd beter om ’n verrassingselement te hê,” het sy op ’n inligtingsessie voor haar begrotingsrede in die parlement gesê.

Sy het toegegee dat die weermag nie opgelei is om skares te beheer nie, maar het gesê die weermag kan ’n rol speel om die situasie te stabiliseer. Die bendes wat die gebied “regeer”, ondermyn die staat se gesag, het sy gesê.

“Dit is gepas dat die opperbevelhebber (pres. Cyril Ramaphosa) die weermag ontplooi het.”

Sy het gesê hulle verwag nie dat oormatige geweld ingespan sal word nie, en hoop nie dat die soldate uitgedaag gaan word om op “ ’n sekere manier” te reageer nie.

Die weermag het Dinsdag bevestig dat sy ontplooiing beslis voortgaan, en dat vir die afhandeling van die dokumentasie vir die ontplooiing gewag word, het SAFM berig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.