Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Soli Philander in hegtenis

Die akteur, komediant en aktivis Soli Philander is Saterdagoggend in die Wes-Kaap in hegtenis geneem.

Richard Juries, ’n sanger en een van Philander se vriende, sê Philander het hom Saterdagoggend gebel en gesê die polisie neem hom in hegtenis.

Philander het ook getwiet dat hy deur die polisie ingeneem is.

Juries sê hy is nie seker waarvoor Philander in hegtenis geneem is nie.

Juries vermoed egter dit het te doen met Philander wat Donderdag saam met gemeenskapslede na die Marion-instituut in Distrik 6 is om te eis dat die gebou weer deur die gemeenskap gebruik mag word.

Ander mense in die gemeenskap is glo ook in hegtenis geneem.

Kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, sê hy weet nie van die voorval nie en kan slegs inligting verkry as hy ’n saaknommer het.

Meer oor:  Kaapstad  |  Soli Philander  |  In Hegtenis Geneem  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.