Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Somber atmosfeer op plaas ná moord op bestuurder

’n Bedrukte atmosfeer het Dinsdag op die plaas geheers waar ’n plaasbestuurder die vorige aand koelbloedig vermoor is.

Jan van den Berg, eienaar van die plaas Brandenburg buite Ladybrand in die Vrystaat, sê die werkers is erg geskok oor die moord op die plaasbestuurder (40).

Jan van den BergFoto: Verskaf

Die plaasbestuurder se vrou (39) is in aanval op haar en haar man aangerand en verkrag en is nog in die hospitaal op Ladybrand.

Die egpaar is Maandagaand omstreeks 19:00 aangeval toe hulle by die huis aangekom het. Twee aanvallers, vermoedelik van Lesotho, het by hul huis ingebreek en die egpaar in ’n stoorkamer ingewag.

Toe die egpaar by die huis inkom, het die mans hulle aangeval en hul hande vasgebind. Albei is met messe gesteek.

Die plaas is sowat 5 km buite Ladybrand en naby die Lesotho-grens.

Die plaasbestuurder is glo sowat 100 m ver gesleep waar die aanvallers hom aan ’n draadheining vasgemaak en doodgesteek het.

Hulle het daarna met selfone en bankkaarte in die egpaar se Opel Corsa gevlug, maar die motor is later langs die pad gelos nadat die bestuurder beheer daaroor verloor het. Die selfone is ook in die motor gevind.

Van den Berg beskryf die moord as sinneloos en sê dit voel soos een van sy eie mense wat vermoor is.

Van den Berg sê daar was Dinsdag ’n droewige atmosfeer op die plaas.

“Dit is ’n slegte tyd vir ons almal. Al die werkers is geskok. Ons probeer maar aangaan,” sê hy.

Volgens hom gaan dit goed met die bestuurder se vrou in die hospitaal, maar sy is ook erg geskok. Die egpaar se drie kinders sal berading ontvang.

Van den Berg beskryf die moord as sinneloos en sê dit voel soos een van sy eie mense wat vermoor is.

Niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Ladybrand  |  Vrystaat  |  Plaasmoord  |  Aanranding  |  Misdaad  |  Bestuurder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.