Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Sondae nou ’n dag vir misdaad pleeg’

Altesame 160 mense is in die afgelope paar dae deur wetstoepassers van die Kaapstad-metro in hegtenis geneem en meer as 68 000 boetes is uitgereik.

Sewe van hulle was mense wat dronk bestuur het.

JP Smith Foto: Jaco Marais

JP Smith, burgemeesterskomiteelid van veiligheid, sê Sondae is nie meer ’n dag vir rus nie, maar net nog ’n dag vir misdadigers om met hul aktiwiteite voort te gaan.

“Diegene wat beplan om onwettig op te tree, wys hulle het geen respek vir die aandklokreël nie, terwyl ander weer op Sondae, wat veronderstel is om ’n rusdag te wees, hul misdade voortsit,” se Smith.

Sondag omstreeks 02:30 het die metropolisie ’n voertuig by die kruising van Caledon- en Canterbury-straat, in Kaapstad, gesien en die bestuurder gevra om stil te hou. “Die beamptes het dadelik besef die 26-jarige bestuurder is onder die invloed van alkohol,” sê Smith.

Die bestuurder is in hegtenis geneem en sy vier passasiers is almal beboet omdat hulle die aandklokreël oortree het.

Nog ’n dronkbestuurder is op die N2 in hegtenis geneem nadat hy baie stadig gery het en beamptes hom ook laat stilhou het.

“Die 45-jarige bestuurder was smoordronk,” sê Smith.

Hy is in hegtenis geneem en na die polisiestasie in Nyanga gebring.

In ’n ander voorval Sondag is ’n tiener (18) op die hoek van Jakes Gerwel- en Blue Gum-rylaan in Bonteheuwel in hegtenis geneem nadat hy probeer het om ’n voertuig se venster uit te slaan en besittings wou steel. Daar is ’n mes en vonkprop by hom gevind.

Smith het gesê die taktiese eenheid van die metro-wetstoepassers het Vrydag dagga ter waarde van R13 000 in Bellville gevind.

Beamptes het tydens patrollering ’n plastieksak op ’n deur van ’n gebou gesien. Hulle het die sak deursoek en tien sakke en 30 kleiner sakkies dagga daarin gevind. Die dagga is by die Bellville-polisiestasie ingedien.

Tydens ander operasies is 77 mense in hegtenis geneem, 187 voertuie en 169 selfone is op beslag gelê en 64 125 boetes is uitgereik.

Daar is verder ook 11 onwettige straatrenjaers in Paardeneiland in hegtenis geneem. Vyf van hulle het dronk bestuur.

Smith het gesê hy kan nie genoeg beklemtoon hoe gevaarlik dit is om te bestuur terwyl jy onder die invloed van drank is nie.

In Seepunt is drie onwettige renjaers in hegtenis geneem.

Meer oor:  Jp Smith  |  Kaapstad  |  Misdaad  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.