Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sowat 80 plakkers probeer vragmotor met bier kaap

Die R59-hoofweg tussen Vereeniging en Alberton in die suide van Gauteng is vir verkeer gesluit nadat ’n groep van sowat 80 mense van die informele woonbuurt Sicelo vroeg Maandagoggend op ’n vragmotor wat bier vervoer, afgestorm en dit probeer kaap het.

Corné Heymans van Midvaal-veiligheidsdienste sê die pad sal nog ’n “hele ruk” gesluit wees.

Die polisie probeer ’n biervragmotor wat Maandagoggend op die R59 tot stilstand gedwing is, uit die pad sleep. ’n Skare het met die vragmotor se sleutels weggehardloop.

Die vragmotor was op pad na Vereeniging toe die mense daarop afgestorm het. Die bestuurder het oor die middelman in die teenoorgestelde rigting probeer wegkom, maar die mense het die sleutels uitgeruk.

“Die polisie was feitlik onmiddellik op die toneel en het die mense verjaag.”

Uit nog ’n bron is verneem die polisie het rubberkoeëls op die groep geskiet en hulle het padgegee. Die sleutels van die vragmotor is weg, maar dit is nie geplunder nie.

Volgens Heymans het ’n klein groepie mense “baie onlangs” ’n afleweringswaentjie wat motorruite vervoer het, op dié pad aan die brand gesteek en met die aluminium en ander metaal gevlug. Die afgelope sewe maande is omtrent sewe vragmotors gekaap, geplunder en aan die brand gesteek. Nog sowat 80 voertuie is in hierdie tyd met klippe bestook.

Heymans sê die groep misdadigers kom saans teen 19:00 by die R59 bymekaar en begin dan met hul plundertogte. “Die protesaksie gaan lankal nie meer oor dienslewering of behuising nie. Dit is nou gewoon misdaad.”

Volgens hom het die owerheid die pad weer probeer oopstel, maar gemoedere het weer opgevlam en dit moes weer toegemaak word. Amptenare probeer nou om die biervragmotor te help om uit die pad te kom. Hy sê die polisie se openbare-orde-eenheid van Potchefstroom is na die toneel om die gebied te help beveilig.

“Ons sal kyk hoe sake staan voordat ons die pad weer vir verkeer oopstel.”

Die polisie hou dag en nag hier wag, maar hulle is maar min.

Hy meen dit is nie Suid-Afrikaners wat vir hierdie ontwrigting verantwoordelik is nie, maar buitelanders wat hulle in Sicelo gevestig het en plunder omdat hulle nêrens werk kry nie.

Meer oor:  Alberton  |  Vereeniging  |  Kaping  |  Plakkers  |  Bier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.