Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Spaza-eienaar vas oor vermoedelik gesteelde melk

’n Spaza-eienaar is in polisie-aanhouding nadat hy glo vermoedelik gesteelde rakmelk van die Shoprite-kettingwinkelgroep verkoop het.

Die melk is vermoedelik in Januarie 2019 uit ’n pakhuis in Port Elizabeth gesteel.

Volgens kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het die polisie in Kamesh, net duskant Uitenhage, in samewerking met ’n veiligheidsmaatskappy altesaam 797 liter melk in twee spazawinkels gekonfiskeer.

Volgens die polisie word die spesifieke melk eksklusief deur die Shoprite-kettingwinkelgroep vervaardig. Die voorraad waarop beslag gelê is, is met verdere ondersoek verbind met ’n diefstalsaak wat in Januarie 2019 aangemeld is, sê Swart.

Die owerhede het Donderdag omstreeks 09:00 op ’n spazawinkel in Rosedale-rylaan toegeslaan en daar op 60 liter Ritebrand-melk beslag gelê.

Die 797 liter melk wat vermoedelik in Januarie 2019 uit ’n pakhuis in Port Elizabeth gesteel is en Donderdag in twee spazawinkels gekonfiskeer is.

In ’n tweede spazawinkel in Cormorant-laan, wat aan dieselfde eienaar behoort, is ’n verdere 737 liter melk aangetref en gekonfiskeer.

Die melk het ’n waarde van sowat R8 500.

Swart sê die polisie het die 35-jarige spaza-eienaar in hegtenis geneem en hy sal binnekort weens die besit van vermoedelik gesteelde eiendom in die landdroshof in Uitenhage verskyn.

Brig. Ronald Koll, waarnemende bevelvoerder van die Uitenhage-polisiegebied, het die inhegtenisneming verwelkom en die gemeenskap gemaan om nie gesteelde goedere te koop nie.

“Kom ons werk saam om die mark vir gesteelde goedere toe te maak.

“Dit is ’n misdaad wat volgens wet strafbaar is, en dit geld ook die ontvang van gesteelde goedere.

“Verwerp en rapporteer alle goedere wat vermoedelik gesteel is en laat ons die misdaadketting breek om in ’n veiliger Suid-Afrika te belê,” het Koll gesê.

Meer oor:  Melk  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.