Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Speurder ry glo dronk met vermeende bendelid in kar

’n Polisiespeurder is op borgtog van R1 000 vrygelaat nadat hy blykbaar ’n staatsvoertuig onder die invloed van drank bestuur het.

Benewens die aanklagte van dronkbestuur teen sers. Zane Dlamini (35) van die Mountweg-polisiekantoor in Port Elizabeth word ook ondersoek ingestel na bewerings dat twee lede van die publiek, onder wie ’n vermeende bendelid wat glo op dieselfde dag uit die tronk vrygelaat is, ten tyde van die voorval saam met hom rondgery het.

Dlamini is Maandag om 16:25 in hegtenis geneem toe hy gery het in Stanfordweg in Gelvandale, wat deel van die stad se berugte bendegeteisterde gebied is.

Sy dienswapen, met 15 rondes, is glo gekonfiskeer.

Kol. Sibongile Soci, provinsiale polisiewoordvoerder, het op navrae in ’n verklaring gesê ’n interne ondersoek word gedoen oor bewerings oor die passasiers wat glo ook in die motor was.

Soci het gesê die hofsaak is tot 23 Desember uitgestel.

Verdere vrae rondom die voorval en Dlamini se huidige status as polisielid, is nie beantwoord nie. Volgens Soci word sake tussen ’n werknemer en werkgewer volgens die polisie se beleid nie bespreek nie.

Meer oor:  Dronkbestuur  |  Speurder  |  Bendelid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.