Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Speurder soek steeds na sy gesteelde fiets

’n Private speurder van Bloemfontein soek steeds onverpoosd na sy duur bergfiets wat vroeër uit ’n motorhuis in Bloemfontein gesteel is.

Leon Rossouw se Specialized S-Works-bergfiets van sowat R120 000 is verlede Saterdag uit die motorhuis in Schnehagesingel in Fichardtpark gesteel.

Sedertien ry hy die stad plat opsoek na sy fiets.

Hy het ook meer as 70 foto’s van sy fiets en kontakbesonderhede uitgedeel.

“Ek het dít selfs vir taxi-bestuurders uitgegee en gevra dat hulle op die uitkyk vir die fiets moet wees. Ek moet soveel mense as moontlik my oë maak en hoop hulle sien my fiets raak.”

Leon Rossouw se Specialized S-Works-bergfiets van sowat R120 000 wat verlede Saterdag uit die motorhuis in Schnehagesingel in Fichardtpark gesteel is. Foto: Verskaf

Daarmee saam gaan hy Sondag na soveel polisiekantore as moontlik in Bloemfontein om die plakkate uit te deel.

Volgens Rossouw kyk hy ook na beeldmateriaal in die gebied.

Hy is ook opsoek na beeldmateriaal wat hom moontlik kan help om ’n verdagte te identifiseer.

“Die tyd is besig verby te gaan. Ek is bang dat die beeldmateriaal in die omgewing verlore sal gaan.

“Die probleem is dat dit ’n tydsame proses is om by almal uit te kom wat veiligheidskameras in die omgewing het.”

Die remme van Leon Rossouw se Specialized S-Works-bergfiets van sowat R120 000 wat verlede Saterdag uit die motorhuis in Schnehagesingel in Fichardtpark gesteel is. Foto: Verskaf

Rossouw se fiets het ’n turkooiskleurige raam met die naam S-Works wat in swart aan weerskante van die raam staan. Die raam se reeksnommer is WSBC 604 902 537J en die vurk se reeksnommer is 27T5229 0523.

Volgens Rossouw is die twee reeksnommers uniek en kan dit gebruik word om die fiets te identifiseer. Daarmee saam het die fiets Magura-remme, Look S-Track-pedale met SRAM-onderdele, terwyl die agterste band ’n Specialized Renegade 29 x 2.3 en die voorste band Specialized Fast Track 29 x 2.3 is.

Enigiemand wat die fiets dalk sien, kan Rossouw by 079 240 3491 bel.

Meer oor:  Leon Rossouw  |  Bloemfontein  |  Fiets  |  Speurder  |  Gesteel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.