Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Speurhoof wil nog nie praat ná haar man in kaping sterf

Die polisie wou Woensdag geen inligting gee oor die skietdood van die man van ’n speurhoof in ’n kaping die naweek in Springs aan die Oos-Rand nie.

Kol. Qondi Maluleke, hoof van die speurtak in Bedfordview, se man is Sondag buite hul huis in ’n kaping doodgeskiet.

Maluleke het telefonies, in ’n stem wat skaars hoorbaar was, aan Netwerk24 gesê sy is te erg getraumatiseerd om oor die voorval te praat. “Ek is nie bereid of in staat om met enigiemand te praat oor dit wat gebeur het nie,” het sy gesê.

Gavin Henry, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum in Bedfordview, het Maandag oor die voorval op die GPF se Facebook-blad geskryf: “In ’n tragiese dubbele terugslag het kol. Maluleke, hoof van ons speurders, eers haar seun twee maande gelede weens siekte aan die dood afgestaan, en toe gisteraand (Sondag) haar man toe hy in ’n kaping buite hul huis doodgeskiet is. Woorde kan nie die pyn verlig nie maar ons betuig ons innige meegevoel met haar.”

Dié inskrywing het wye reaksie ontlok met ’n instroming van boodskappe van medelye en ondersteuning aan Maluleke. Henry het by navraag oor sy inskrywing alle navrae na die polisie verwys.

Kapt. Johannes Rampora, polisiewoordvoerder in Springs, het aan Netwerk24 bevestig dat ’n man Sondagaand in ’n kaping buite sy huis in Springs doodgeskiet is. “Die man is in ’n kaping geskiet en het later gesterf.”

Volgens Rampora het twee mans ’n bakkie gekaap. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Brig. Mathapelo Peters, Gautengse polisiewoordvoerder, wou Woensdag niks oor die moord en kaping sê nie.

“Die aangeleentheid word met die nodige sensitiwiteit hanteer en geen verdere inligting kan nou bekend gemaak word nie,” sê sy.

Meer oor:  Oos-Rand  |  Springs  |  Kaping  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.