Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Springs-moord: Polisie spoor gesoekte man op
Die man wat die polisie glo sal kan help in die ondersoek na ’n moord in Springs is opgespoor. Foto: Facebook

Die man is opgespoor wat die polisie na verwagting met inligting oor die mesdood van Rosemary Lee Mulder (19) van Springs sal kan help.

Die polisie was op soek na Gerald Theron, Rosemary se stiefbroer. Hy is Vrydag omstreeks 11:00 in Springs opgespoor nadat die polisie ’n anonieme wenk ontvang het.

“Hy gaan binnekort ondervra word,” het kapt. Johannes Rampora gesê.

Mulder se dood het die gemeenskap geruk. Sy is Woensdagoggend dood in haar huis in Rhodesstraat in die kombuis aangetref nadat sy verskeie kere in die nek en bolyf met ’n mes gesteek is.

Netwerk24 het vroeër berig haar vriend was ook in die huis terwyl Mulder aangeval is. Haar aanvaller het daarna oor ’n buitemuur gespring en in die rigting van die Paul Kruger-snelweg gehardloop.

Rampora sê die polisie het ’n mes naby die snelweg in die gras gekry.

“Forensiese toetse gaan gedoen word op die mes wat vol bloed was. Die saak word verder ondersoek.”

Rosemary Lee Mulder (19) is Woensdag in Springs vermoor.

Meer oor:  Gerald Theron
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.