Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Springstof in begrafnis-voertuig by Beitbrug gekry

Die polisie by die Beitbrug-grenspos in Limpopo het Sondag ’n man in hegtenis geneem waar hy met springstof in sy besit gevind is wat in die voertuig van ’n begrafnisonderneming van Gauteng versteek was.

Van die plofstof en aanstekers wat Sondagmiddag in ‘n begrafnisonderneming se voertuig by die Beitbrug-grenspos in Limpopo gekry is.Foto: SAPD

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die voertuig was Sondagmiddag van Zimbabwe na Gauteng op pad toe dit by Beitbrug voorgekeer is. Die voertuig het ’n waentjie gesleep.

Die polisie het die voertuig en waentjie deursoek en op 306 buise springstof en aanstekers in die sleepwaentjie afgekom. Die waarde daarvan is sowat R700 000, sê Mojapelo.

Honderdduisende rande se springstof is Sondag by die Beitbrug-grenspos in Limpopo gekry. Foto: SAPD

Die bestuurder van die voertuig, ’n buitelander, sal eersdaags in die landdroshof in Musina op aanklag van die onwettige besit van springstof verskyn.

Verlede week het die polisie ook by dié grenspos op miljoene rande se smokkelsigarette beslag gelê wat in ’n petroltenkwa wat van Zimbabwe na Suid-Afrika onderweg was versteek was.

Die sleepwaentjie waarin die springstof Sondagmiddag by die Beitbrug-grenspos gekry is.Foto: SAPD

* ’n Vrou van Zimbabwe wat verlede jaar by die Beitbrug-grenspos met springstof betrap is, is tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke in Limpopo, sê Linda Katiyo (38) is Donderdag in die streekhof in Musina gevonnis. Sy is op 28 April 2019 by die grenspos in hegtenis geneem met springstof ter waarde van R1,2 miljoen in haar besit. Sy was van Zimbabwe na Gauteng op pad.

Maluleke sê die springstof was bestem om in onwettige mynbedrywighede gebruik te word.

Meer oor:  Beitbrug  |  Begrafnisvoertuig  |  Springstof  |  Aangekeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.