Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Spur-eienaars in bende-web
Irshaad Laher en sy medebeskul-digde, Alan Raves. Foto: Maygene de Wee

In Junie 2016 is Irshaad Laher, ’n sakeman van Rondebosch, by sy huis in hegtenis geneem in verband met sy beweerde betrokkenheid by die smokkel van vuurwapens wat uit polisiestore gesteel is.

Christiaan Prinsloo, ’n voormalige kolonel in die polisie en die man wat die vuurwapens gesteel en na bewering aan Laher verkoop het, is in Junie 2016 ná ’n pleitooreenkoms met die staat tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.

Hy het reeds in 2015 vir Laher uitgewys as die middelman aan wie hy (Prinsloo) verbeurde vuurwapens verkoop het wat hy uit polisiepakhuise gesteel het.

Min mense weet egter dat Laher ’n familielid is van een van die vermeende grootbase van die Kaapse onderwêreld.

Vandag kan Netwerk24 onthul dat Laher getroud is met ’n niggie van Nafiz Modack (37).

Laher, oorspronklik van Vereeniging in Gauteng, en sy vrou is die eienaars van twee gesinsrestaurante, die Spur in Ottery en die Spur in Observatory.

Modack is na bewering die man wat agter die groep mense sit wat die uitsmytersbedryf by nagklubs en kroeë in die Kaapse Skiereiland met geweld by die sakeman Mark Lifman en sy vriende, André Naude en Jerome Booysen, oorgeneem het.

Booysen is die vermeende leier van die Sexy Boys-bende van Belhar.

Laher, oorspronklik van Vereeniging in Gauteng, en sy vrou is die eienaars van twee gesinsrestaurante, die Spur in Ottery en die Spur in Observatory.

Modack is na verneem word ’n sakeman wat onder meer in luukse voertuie handel dryf.

Hy is glo die vermeende leier van die Bad Boys-bende in die Wes-Kaap.

Modack is die laaste paar maande in die kollig ná nuusberigte dat hy en ’n groepie mans wat vir hom of saam met hom werk die veiligheidsmaatreëls by nagklubs en kroeë in die Kaapse middestad oorgeneem het.

Hy het glo ook noue bande met senior polisiebeamptes in die Wes-Kaap.

Nie een van die twee polisiebeamptes wou destyds aan News24 sê hoekom hulle met Modack vergader het nie.

News24 het in Mei vanjaar berig oor ’n ontmoeting tussen Modack en genl.maj. Patrick Mbotho in ’n luukse hotel aan die Kaapse Waterfront.

Mbotho is Wes-Kaapse speurhoof. Mbotho was ook onlangs in die nuus nadat hy per ongeluk ’n WhatsApp-video van ’n pornografiese aard met ander speurders op ’n WhatsApp-groep vir speurders en sektorbevelvoerders gedeel het.

Mbotho het onmiddellik verskoning gevra vir dié oordeelsfout.

Modack het in dieselfde stadium as die ontmoeting met Mbotho ook met lt.genl. Risimati Shivuri, Noord-Kaapse polisiehoof, byeengekom.

Nafiz Modack

Shivuri was bevelvoerder van die Bellville-polisiegroepering voordat hy na die Noord-Kaap oorgeplaas is.

Nie een van die twee polisiebeamptes wou destyds aan News24 sê hoekom hulle met Modack vergader het nie.

Modack het gister ontken dat hy familie van Laher is.

Hy het gesê hy hoop Netwerk24 betaal nie sy “informante” vir “vals inligting” nie.

Gevra of Laher getroud is met ’n familielid van hom, het hy gesê hy :kan nie nou praat nie”.

Laher staan saam met Alan Raves, ’n vuurwapenhandelaar van Gauteng, tereg op aanklagte van diefstal, korrupsie, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, asook van rampokkery.

Hulle verskyn weer Vrydag in ’n voorverhoor in die hooggeregshof in Kaapstad.

Hul verhoor sal na verwagting in 2018 begin.

Meer oor:  Nafiz Modack  |  Christiaan Prinsloo  |  Rondebosch  |  Smokkel  |  Vuurwapens  |  Spur  |  Bendes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.