Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Staak haatspraak teen buitelandse trokdrywers’

Stakende vragmotorbestuurders wat ander aanraai om buitelandse vragmotorbestuurders van hul voertuie en sleutels te beroof kom neer op blatante vreemdelingehaatspraak.

Ebrahim Rasool, direkteur van OneAfrica.org, het teen plaaslike vragmotorbestuurderverenigings uitgevaar wat Dinsdag met ’n nasionale protesaksie begin het en landwyd ontwrigtings veroorsaak het uit protes teen die indiensneming van buitelandse bestuurders.

OneAfrica.org sê hulle het met groot kommer en ontsteltenis verneem van die haatspraak wat daarop gemik is om konflik tussen Suid-Afrikaners en hul Afrika-bure aan te blaas.

Rasool, voormalige ambassadeur in die VSA, sê hulle het ook kennis geneem van #MzansiPatrioticForces se inskrywing op sosiale media waarin vreemdelingehaat aangeblaas word en waar daar met geweld gedreig word.

Die oproep wat geweld aanmoedig. Foto: Twitter

Hulle veroordeel ook die oproep van die All Truck Drivers Foundation wat vra dat buitelandse vragmotorbestuurders se vragmotors en sleutels geroof word.

Rasool doen ’n beroep op wetstoepassingsagentskappe om die vragmotorbestuurders van buitelandse ondernemings te beskerm.

“OneAfrica.org is hartseer dat ons weer eens die getuies is van haatspraak en geweld teen vragmotorbestuurders van Afrika. Dit is onaanvaarbaar. Afrika is die toekoms wat Suid-Afrika kan help om te herstel van sy ekonomiese krisis sowel as die vele maatskaplike krisisse.”

Rasool sê vir die land om te herstel van Covid-19, die verskeie afskalings en resessie wat daaraan gekoppel is, het Suid-Afrika geen ander keuse as om hom tot Afrika te wend nie.

“Nou is nie die tyd vir ’n minderheid wat verkeerdelik dink dat vreemdelingehaat hul eie lot sal verbeter nie. Met pres. Cyril Ramaphosa as hoof van die Afrika-unie moet ons nou eerder aan die voorpunt wees om eenheid en samehorigheid onder alle Afrika-lande te bewerkstellig,” sê Rasool.

“Vat diegene wat haat verkondig vas. Stel voorkomende maatreëls in werking om geweld stop te sit. Behandel Afrika-burgers met waardigheid, ook te midde van die Covid-19-pandemie.”

Meer oor:  Ebrahim Rasool  |  Kaapstad  |  Misdaad  |  Vandalisme  |  Protesaksie  |  Vragmotors  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.