Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Stad rou ná beampte se sinnelose moord

’n Beampte van die Johannesburgse metropolisiediens (JMPD) is Donderdagaand laat glo met sy eie dienspistool doodgeskiet.

Wayne Minnaar, JMPD-woordvoerder, sê in ’n verklaring na verneem word, was die beampte te voet toe hy in Hillbrow aangeval is.

Hy was van diens af toe een van die aanvallers glo sy dienspistool gryp en hom skiet.

Die skietvoorval het tussen Paul Nel- en Claim-straat plaasgevind.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die JMPD het op die voorval gereageer en volg elke moontlike leidraad op om die skuldiges vas te trek. Tot dusver is slegs een verdagte aangekeer.

Twee lede van die gemeenskap het gehelp om die verdagte vas te trek. Hy het na ’n nabygeleë, verlate gebou gehardloop.

“Ongelukkig het een van die gemeenskapslede in die proses in die gebou seergekry. Die JMPD sien toe dat die inwoner mediese behandeling kry,” sê Minnaar.

Met sy inhegtenisneming het die verdagte beweer hy is van Mpumalanga en dat ’n Zimbabwiër gehelp het om die misdaad te pleeg. Laasgenoemde het ook na bewering ’n vuurwapen in sy besit.

“Die tragiese en sinlose verlies volg nadat die metro en sy inwoners drie dapper brandbestryders moes groet toe hulle aan diens dood is.”

Meer oor:  Johannesburg  |  Moord  |  Doodskiet  |  Metropolisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.