Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Stadsamptenare help glo met vals eise

Tien verdagtes het Dinsdag in die handelshof in Durban verskyn nadat hulle na bewering met diensverskaffers saamgewerk het om vals eise op te stel.

Vyf amptenare van die Harry Gwala-munisipaliteit, een van die amptenare se man en vier direkteure van die betrokke maatskappy het glo R1,3 miljoen onder hulle verdeel.

Die munisipale amptenare sluit ’n direkteur in.

Brig. Hangwani Mulaudzi, nasionale woordvoerder van die Valke, sê die verdagtes, onderskeidelik tussen 20 en 48, staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery.

Meer oor:  Durban  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.