Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Stakers ignoreer hofbevel, rand aan en intimideer

Werkgewers en werknemers in die plastiekbedryf is besorg oor gewelddadige optrede deur stakende lede van die vakbond Numsa.

Volgens Johan Pieterse, uitvoerende hoof van die Plastiekverwerkingsvereniging van Suid-Afrika, loop hul lede deur onder geweld en intimidasie in die landwye staking oor loonverhogings.

’n Slagoffer van stakers se geweld in Benoni. Foto: Verskaf

’n Hofbevel is in Oktober in die arbeidshof aan die vereniging toegestaan wat stakers verbied om gewelddadig op te tree tydens die staking en om mense te intimideer.

Stakers het egter hul aanvalle op werkgewers en werknemers verskerp in wat as minagting van die arbeidshof se hofbevel beskou word, sê die vereniging.

Bloed stroom uit die wonde van Eric Botha van GP Packaging in Kempton Park nadat hy deur stakers aangerand is.Foto: Verskaf

In reaksie daarop het die vereniging ’n saak aanhangig gemaak oor Numsa se minagting van die hof.

Die saak sal op 1 Februarie 2019 in die arbeidshof voorkom, sê Pieterse.

Volgens Pieterse word werkers nie net aangeval nie, maar rig Numsa-lede ook grootskaals skade aan voertuie, kantore en toerusting aan.

“Geweld en intimidasie tydens stakings moet ophou. Dit het ongelukkig die norm onder stakers geword om alles te vernietig wanneer hul staak en betoog. Ons Grondwet beskerm die regte van diegene wat nie aan ’n staking wil deelneem nie.

“Ons kan nie langer stilbly oor hierdie onaanvaarbare optrede nie,” sê Pieterse.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.