Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Stapper amper beroof naby Simonstad

’n Man is Sondag amper beroof toe hy naby die Kleinplaasdam by Red Hill, Simonstad, gaan stap het.

Twee rowers wat met messe gewapen was, het hom voorgekeer.

Tafelberg Nasionale Park. Foto: Jaco Marais

Tafelberg Nasionale Park sê in ’n verklaring die man was op pad na die Kleinplaasdam-parkeerterrein toe die twee mans hom voorkeer.

Die slagoffer het sy rugsak laat val en gehardloop om sy vriende te waarsku. Die verdagtes het in die rigting van Ocean View gevlug toe hulle besef daar is nog mense.

Lauren Howard-Clayton, streekkommunikasiebestuurder van Sanparke, het by navraag gesê iemand in dié groep het die veldwagters omstreeks 14:30 van die voorval in kennis gestel.

Een van die drie veldwagters het 14 minute later op die toneel aangekom.

Howard-Clayton sê niks is uit die man se rugsak gesteel nie.

Sy weet nie presies hoe ver die man se vriende van hom was toe die aanvallers hom nader nie en ook nie hoe groot die groep was nie.

“Danksy die vinnige reaksie van ons veldwagters wat die gebied gepatrolleer het, het die slagoffer geen beserings opgedoen nie. Hy is vergesel na die plek waar die voorval plaasgevind het om sy besittings te haal,” lui die verklaring.

Bykomende maatreëls word in die gebied getref en die omgewing word gemonitor.

kaart

Dié veiligheidsmaatreëls word aanbeveel:
  • Moet nooit alleen stap, hardloop of fietsry nie.
  • Beplan jou roete van begin tot einde en kies die roete wat geskik is vir die vermoë, fiksheid en ervaring van die groep. Dit sal moontlike beserings voorkom.
  • Stel iemand in kennis van watter roete jy beplan om te neem en hou by daardie roete. Sê ook teen watter tyd jy verwag om terug te wees.
  • Wees altyd voorbereid op slegte weer. Neem altyd geskikte wind- en waterbestande klere selfs in sonnige weer. Neem ekstra batterye vir flitsligte en gloeilampe, stewige stapskoene of stewels, kos en water, ’n rugsak om alles in te dra sodat jou arms en hande vry is.
  • Bly op die aangewese roetes op goed gebruikte paaie. Let op tekens wat gevaar aandui en moenie kortpaaie of onbekende roetes neem nie.
  • Gaan op staproetes met iemand wat die roete ken en wat ’n gids, kaart of roetebeskrywing het. ’n Geregistreede gids word aanbeveel.
  • Moenie waardevolle besittings soos geld en kameras saamneem nie.
  • Wees paraat vir misdadigers wat hulle as stappers voordoen.

Meer oor:  Tafelberg Nasionale Park  |  Simonstad  |  Red Hill  |  Beroof  |  Stapper
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.