Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Stappers by Simonstad beroof, man in been geskiet
Die beginpunt van die Kleinplaasdam-staproete. Foto: Facebook

n Man (64) is Maandagmiddag in die been geskiet in ’n aanval by die Kleinplaasdam bokant Simonstad, Kaapstad, terwyl hy en ’n vrou (51) gestap het.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die twee stappers is deur twee onbekende jong mans genader en met ’n vuurwapen aangehou. Hulle is van hul selfone, geld en rugsakke beroof.

Die twee stappers het omgedraai en begin wegstap nadat hulle beroof is, waarna een van die jong mans sonder enige waarskuwing ’n skoot afgevuur het. Die beroofde man is in die linkerbeen gewond.

Van Wyk sê die rowers het hierna weggehardloop.

Die polisie ondersoek klagte van poging tot moord en gewapende roof.

Mense met inligting word gevra om die polisie by 08600 10111 of die polisiekantoor in Simonstad by 021 786 8649 te skakel.

Inligting oor die aanval is op die Facebook-blad van Simonstad Safety & Security Watch gedeel en mense is gewaarsku om versigtig te wees. Van die mense wat op die nuus gereageer het, sê dit is baie jammer dat dié voetslaanpad nou so gevaarlik geword het. Dit is een van die plaaslike inwoners van Simonstad se gunstelingplekke om met hul honde te gaan stap.

Dié roete is deel van die Tafelberg Nasionale Park.

Meer oor:  Simonstad  |  Stappers  |  Geskiet  |  Rooftog  |  Beroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.