Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Stappers veilig van berg af ná aanvalle
Silwermyn-staproeteFoto:

Al die bergklimmers wat vroeër Saterdag op die Silwermyn-staproete in Kaapstad aangeval is, is rondom 13:00 van die berg gered en na ’n hospitaal gebring.

Johan Marais van Wildernis-soek-en-redding (WSAR) sê dit lyk of ’n groep van nege mense op die roete gestap het toe hulle twee mans, wat ook soos bergklimmers lyk, teëgekom het.

“Die twee mans het by die groep aangesluit en sowat 30 minute saam gestap. Toe het hulle skielik die oorspronklike groep met messe aangeval.”

Hy sê dit lyk asof die groep hulself verdedig het en van die mans weggekom het. Dit lyk ook asof die groep in twee verdeel het.

Minstens vyf mense, van wie twee vroue is, is met ’n helikopter na ’n hospitaal gebring

“Minstens vyf mense, van wie twee vroue is, is met ’n helikopter na ’n hospitaal gebring.”

Die beserings wissel van gering tot ernstig. “Een van die vyf het baie ernstig seergekry.”

’n Soektog is deur die polisie en veldwagters van SANParke op tou gesit om die twee mans op te spoor.

Navrae is aan sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, gerig, maar sy het nog nie reageer nie.

* Marais sê terwyl die reddingswerkers nog daar besig was, het nog ’n bergklimmer van Kasteelpoort hulp ontbied.

“Hy is ook met ’n helikopter na die hospitaal gebring.”

Meer oor:  Aanval  |  Sliwermyn  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.