SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
Cele: 'Baie moeilik om sulke moorde te polisieer'

Altesame 686 meer moorde is die afgelope boekjaar in Suid-Afrika gepleeg.

Bheki Cele, polisieminister, spreek die media by die parlement toe nadat die jongste misdaadstatistieke Donderdagoggend bekend gemaak is. Foto: Jaco Marais

Dié syfer verteenwoordig ’n styging van 3,4% in die moordsyfer.

Dit blyk uit die nasionale misdaadstatistieke vir die 2018-’19-boekjaar wat die topstruktuur van die polisie onder leiding van genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, Donderdag by die parlement bekend gestel het.

In die 2018-’19-boekjaar is 21 022 moorde gepleeg teenoor 20 336 die 2017-’18-boekjaar. Die meeste moorde het oor naweke – Vrydag tot Sondag – plaasgevind. Vuurwapens, asook messe en ander skerp voorwerpe is in die meeste gevalle gebruik om die moorde te pleeg.

Bheki Cele, minister van polisie, wat ook die geleentheid bygewoon het, sê daar is ’n baie hoë voorkoms van mense wat vermoor word deur mense wat hulle ken. Hy het verwys na ’n vrou wat haar vier kinders vermoor het.

“Al die sake word as moorde geregistreer. Dit sal baie moeilik wees vir die polisie om sulke moorde te polisieer. Wat ons ontdek het, is dit dat dit regtig die moordsyfer opgestoot het.”

Seksuele misdrywe het met 4,6 % toegeneem tot 52 420 vanaf 50 108 in die vorige boekjaar. Poging tot moord het ook gestyg met 747 gevalle vanaf 18 233 tot 18 980 in die vorige boekjaar. Aanranding met die opset om ernstig te beseer het vanaf 167 352 na 170 9797 voorvalle toegeneem.

Meer oor:  Genl. Khehla Sitole  |  Bheki Cele  |  Moorde  |  Geweld  |  Moordsyfer  |  Gesinsgeweld  |  Misdaadstatistieke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.