Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Steeds geen teken van ontvoerde baba Koketso
Koketso Mphenemene is op 22 Februarie by die Lakeside-winkelsentrum in Benoni ontvoer.Foto: Facebook

Daar is steeds geen teken van die ontvoerde 14 dae oue Koketso Mphenemene wat op 22 Februarie by die Lakeside-winkelsentrum in Benoni ontvoer is nie.

Kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, sê die polisie benodig die publiek se hulp om Koketso en haar ontvoerder op te spoor.

Die vermeende ontvoerder se gesig is deur ’n skermgreep uit beeldmateriaal van sekerheidskameras by die winkelsentrum vasgevang.

Sy het ’n swart doek op haar kop en sy hou iets voor haar maag wat sy met ’n grys kombers bedek.

Koketso se ma en die onbekende vrou ken mekaar glo nie. Hulle het mekaar op 19 Februarie by ’n kliniek ontmoet en daarna nommers met mekaar uitgeruil.

Volgens die polisie het Koketso se ma die vermeende ontvoerder op Saterdag 22 Februarie by die winkelsentrum ontmoet omdat sy onder die indruk verkeer het dat die vrou vir haar werk gevind het.

Koketso se ma het die babadogtertjie op die dag van haar ontvoering saam met haar babasak alleen by die onbekende vrou gelos – en toe sy terugkeer, was die vrou en haar baba albei skoonveld.

Koketso se ma het die voorval daarna by die polisiekantoor in Benoni aangemeld.

Enigeen met inligting kan die polisie se Stop Misdaadnommer by 086 001 0111 skakel.

Die vermeende ontvoerder is op beeldmateriaal vasgevang. Foto: Facebook

Meer oor:  Koketso Mphenemene
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.