Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Stellenbosch-egpaar verwerk nog trauma ná aanval

Die O’Grady-egpaar wat in Augustus vanjaar in hul huis op die Hillcrest Berry Farm buite Stellenbosch aangeval en beroof is, sukkel nog om die trauma te verwerk.

Intussen is die saak laat vaar teen een van die drie mans wat in verband met die aanval in hegtenis geneem is. Die oorblywende twee, wat glo voorheen op die plaas gewerk het, is steeds in aanhouding.

Nomlise Siphule (26) en Luthando Ngam (31) van Kayamandi, Stellenbosch, word deur twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en een aanklag van huisroof in die gesig gestaar en sal weer op 17 November in die streekhof in Stellenbosch verskyn.

Raymond O’Grady, eienaar van die Hillcrest Berry Farm buite Stellenbosch. Foto: Argief
Die ingang na die plaas. Links is die O’Grady-huis. Foto: Jaco Marais

Die egpaar, Raymond en Betty O’Grady, verwerk nog die trauma wat die voorval veroorsaak het, sê Felex Mzungu, wat as woordvoerder vir die plaas optree.

Raymond is herhaaldelik met ’n mes gesteek en Betty is gedurende die voorval ontvoer. Hy is vir sy wonde behandel en weer ontslaan.

“Hy gaan so elke nou en dan weer hospitaal toe vir ’n ondersoek,” sê Mzungu. Hy kon egter nie sê of daar blywende fisieke skade by Raymond is nie.

Op 21 Augustus het drie aanvallers om 07:20 hul huis binnegekom terwyl die egpaar glo nog geslaap het. Die aanvallers, wat met messe en stokke gewapen was, het Raymond verskeie kere gesteek en Betty ontvoer.

Volgens die polisie het die aanvallers haar by die egpaar se voertuig ingedwing en beveel om te ry.

Tim Flack, voorheen die woordvoerder van die Stellenbosch-gemeenskapspolisiëringsforum, het gesê die aanvallers het haar gedwing om reguit na Kayamandi te ry, waar hulle uitgespring het. Sy het toe teruggery huis toe.

Mzungu het toe gesê nooddienste was reeds op die toneel om haar man te help toe sy by die huis aankom. Die drie is die volgende dag in hegtenis geneem, maar op 8 September is die aanklagte teen Moses Flephu teruggetrek.

Die polisie is steeds op soek na die derde aanvaller. Enigiemand met inligting kan ao. Gavin Lombaard by die Stellenbosch-polisie bel, of die Stopmisdaadnommer by 08600 10111 skakel, sê kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder.

Meer oor:  Nomlise Siphule  |  Raymond O’Grady  |  Luthando Ngam  |  Stellenbosch  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.