Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Stellenbosch in rou ná jong ma wreed vermoor is

“My kind het nog ’n fyn pols gehad maar haar liggaam was leweloos, sy was erg geslaan, gesteek en het net doodstil gelê.”

Só het Meuray Lindoor haar dogter se laaste oomblikke beskryf voordat sy Saterdagaand op die plaas Nietvoorbij in Stellenbosch dood is, glo aan die hand van haar kêrel en die pa van haar kind.

Clarissa Lindoor (27) is Saterdagaand koelbloedig vermoor tydens ’n stryery met haar kêrel.

Clarissa Lindoor (27) wat die naweek op ’n plaas in Stellenbosch vermoor is. Foto: Verskaf

Die paartjie se tweejarige seun was by ’n buurvrou se huis, terwyl sy ma om haar lewe geveg het.

Meuray, wat in Cloestesville bly, sê haar dogter is binne oomblikke wreed uit hul lewe geruk.

“Sy het doodstil gelê, bebloed en was erg geslaan en gesteek. Dis ’n prentjie wat vir ewig by my sal spook,” sê Lindoor.

Inwoners van Cloetesville in Stellenbosch het Dinsdag opgeruk na die landdroshof waar Clarissa se kêrel, Diaan Swartz, op ’n aanklag van moord verskyn het. Die saak is tot 27 September uitgestel.

Clarissa se familie sê haar begrafnis moes uitgestel word omdat daar nie geld was om haar te begrawe nie.

Joan Gideons, Clarissa se tannie, sê dat haar moord so wreed was dat die hele plaashuis met bloed besmeer was.

“Hy het haar nie net doodgeslaan nie, maar haar gesteek en gemartel. Daar was bloedstrepe en spatsels oral te sien.”

Volgens Gideons was daar wel ’n ooggetuie wat gesien het hoe Swartz glo Saterdag omstreeks 18:00 reeds begin het om Clarissa buite hul huis te slaan, waarna hulle die huis ingegaan het.

“Ons het nou uitgevind hoe erg hy haar die hele tyd mishandel het. Hy het haar glo gereeld geslaan en niemand het niks gedoen.”

Inwoners van Cloetesville betoog voor die hof waar Clarissa Lindoor se kêrel op ’n aanklag van moord verskyn.Foto: Verskaf

Gideons sê die paartjie het by Swartz se pa en sy meisie gebly. Die pa se meisie het glo op die plaas gewerk.

“Ná die moord het Swartz weggehardloop en vir die owerhede weggekruip. Hy is eers Sondagaand aangekeer.”

Die bebloede beddegoed in die vertrek waar Clarissa Lindoor gevind is.Foto: Verskaf

Gideons sê die familie sal enige finansiële bydrae waardeer omdat daar nie geld is om Clarissa te begrawe nie.

“Ons het nie besef dat sy so gou uit ons lewe geruk sou word nie. En daar is nie beplanning gemaak vir die dood nie,” sê Gideons.

Siyabulela Malo, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die Cloetesville-polisiekantoor ondersoek ’n saak van moord wat op 14 September omstreeks 21:45 op die plaas Nietvoorbji in Cloetesville plaasgevind het.

“Polisielede het die slagoffer met verskeie steekwonde in haar bolyf gevind. Sy is op die toneel dood weens haar beserings.”

Malo sê die verdagte, ’n 21-jarige man, is kort ná die voorval in hegtenis geneem.

Die bloedspatsels in die huis. Foto: Verskaf
Die bloedbesmeerde wasmasjien.Foto: Verskaf
Die bloedspatsels in en om die huis.Foto: Verskaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.