Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Stellenbosch maak beursies oop vir moordslagoffer

Die Universiteit Stellenbosch en die plaaslike munisipaliteit sê dat hulle geldelik gaan bydra tot die begrafnis van Clarissa Lindoor, ’n jong ma van Cloetesville wat glo deur haar kêrel vermoor is.

Lindoor is verlede naweek op die plaas Nietvoorbij met ’n mes gesteek en doodgeslaan in ’n hewige argument met haar kêrel.

Haar kêrel, Diaan Swartz, het vandeesweek op aanklag van moord in die landdroshof in Stellenbosch verskyn. Die saak is tot 27 September uitgestel.

Clarissa se familie het vroeër gesê dat daar nie geld is om haar mee te begrawe nie.

Clarissa Lindoor, die jong ma van Cloetesville wat na bewering deur haar kêrel vermoor is.

Die universiteit en die munisipaliteit het hul skok uitgespreek oor die moord op Lindoor en die gemeenskap aangemoedig om standpunt teen geslagsgegronde geweld in te neem.

Lindoor het vir ’n onderneming gewerk wat skoonmaakdienste by die universiteit lewer.

Die rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, Wim de Villiers, sê hulle is geskok en bedroef oor die moord.

“Die feit dat hierdie moord gepleeg is ondanks die huidige fokus op geslagsgegronde geweld in ons land, dra by tot ons verontwaardiging. Die universiteit was in verbinding met Lindoor se familie en ons sal ’n finansiële bydrae tot haar begrafnis lewer.”

Stuart Grobbelaar, woordvoerder van die Stellenbosch-munisipaliteit, sê dat ’n vrou uit hul eie gemeenskap ’n slagoffer van die voortslepende vlaag van geslagsgeweld geword het wat die hele land geruk het.

“Die munisipaliteit sal ’n bydrae lewer om te verseker dat Clarissa ’n gepaste begrafnis kry. Dit sal uit die burgemeestersfonds kom.”

Joan Gideons, Clarissa se tannie, sê sy sal volgende Saterdag 28 September begrawe word. Sy het inwoners en instansies van Stellenbosch bedank vir hul openhartigheid om die familie met geld vir die begrafnis te help.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.