Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Strande? Wat van misdaad, Minister?’

’n Minister het nie swaargewapende polisielede nodig om die inperkingsmaatreëls op die strande af te dwing terwyl misdaad skaars 30 km verder in sekere gebiede gedy nie.

’n Polisielid loop op die sand in Kampsbaai in Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Dit was Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, se reaksie Donderdag op Bheki Cele, die minister van polisie, se besoek die vorige dag aan die Kaapse strande.

Cele het met ander hooggeplaastes in die polisie en swaargewapende polisielede by die strande opgedaag.

“Dít terwyl talle hardwerkende polisielede geweldsmisdaad in ons gemeenskappe sonder die nodige hulpbronne van die nasionale regering moet bestry,” sê Fritz in ’n verklaring.

Die polisie het Bheki Cele, minister van polisie, na Strandfontein vergesel. Foto: Jaco Marais

Cele het met sy besoek aan Kampsbaai ’n filmspan wat besig was om ’n advertensie te skiet onderbreek en opdrag gegee om hul werk te staak omdat hulle glo nie die Covid-19-regulasies nagekom het nie.

Hy het ook Donderdag gedreig dat die Kaapse strande gesluit sal word as die maatreëls nie nagekom word nie en gesê hy sal die kwessie met die Covid-19-bevelsraad opneem.

Dit kom nadat pres. Cyril Ramaphosa vroeër die week aangekondig het dat Kaapse strande in die feestyd van 09:00 tot 18:00 mag oopbly, terwyl die strande in die Oos-Kaap en die Tuinroete heeltemal in die feestyd gesluit word. Die strande in KwaZulu-Natal is slegs op openbare vakansiedae gesluit.

Strandgangers span uit op Kampsbaai in Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Fritz wys in sy verklaring daarop dat daar tot dusver vanjaar 1 640 moorde in 11 prioriteitsareas in Kaapstad was, wat alles op die Kaapse Vlakte voorgekom het. Dié misdade het tot 44% van die misdade in die provinsie bygedra.

Hy sê in die 50ste week is 50 moorde in 11 van die areas gepleeg, terwyl 41 moorde in die vorige week aangemeld is.

“Jy het nie swaargewapende polisielede nodig om te verseker dat die maatreëls op die Kaapse strande nagekom word nie, veral nie terwyl die polisie en die Kaapstad-metro se wetstoepassers reeds volledige planne vir die feestyd in plek het nie.”

Die polisie het voertuiglisensies nagegaan en veiligheidspamflette aan motoriste uitgedeel. Foto: Jaco Marais

Fritz sê misdaad neem oor naweke en op openbare vakansiedae, veral weens alkoholmisbruik, toe en die swaargewapende polisielede moes eerder in daardie kwesbare areas aangewend word.

Volgens hom moet swaargewapende polisielede eerder in die stryd teen georganiseerde en gewelddadige misdaad op die Kaapse Vlakte aangewend word.

Fritz sê in die lig van die skokkende moordsyfer is Cele se optrede onaanvaarbaar. Dit is ook onaanvaarbaar dat swaargewapende polisie by die strande opdaag.

Hy het ’n beroep gedoen op Cele om op te hou om die polisie se hulpbronne te misbruik om goedkoop politieke munt te slaan en eerder te help om misdaad in die provinsie te bekamp.

Polisielede Woensdag besig met ’n padblokkade tussen Strandfontein en Muizenberg. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Albert Fritz  |  Cyril Ramaphosa  |  Bheki Cele  |  Wes-Kaap  |  Kaapstad  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Polisie  |  Polisielede  |  Strande  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.