Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Stroper dood ná skietvoorval met veldwagters

Veldwagters van die Manyeleti-wildreservaat in Mpumalanga, langs die Kruger Nasionale Park, het die hele naweek die spoor van twee vermeende stropers gevolg totdat hulle opgespoor is.

Kholofelo Nkambule, ’n woordvoerder van die Mpumalanga-toerisme-en-parkagentskap, sê die veldwagters het Saterdag meer as 30 km per voet afgelê om die stropers te vang voordat hulle skade kan aanrig.

Nkambule sê daar word vermoed die twee verdagtes was van plan om renosters te stroop.

Die twee mans, van onbekende herkoms, het Vrydag die Manyeleti-wildreservaat te voet binnegekom.

Deur die loop van Vrydag en Saterdag het hulle tot in die Kruger Nasionale Park geloop, maar later weer omgedraai na die reservaat, sê Nkambule.

Die veldwagters het Saterdag die soektog afgelas toe dit te donker geword het, maar Sondag vroeg die spoor weer gevolg.

“Die twee verdagtes is vroeg ingehaal en daar was ’n oor-en-weer-skietery tussen hulle en die veldwagters,” sê Nkambule.

Een verdagte is op die toneel dood, terwyl die tweede verdagte ernstig gewond is en na ’n plaaslike hospitaal geneem is.

Veldwagters het beslag gelê op ’n onwettige vuurwapen en ammunisie, asook gereedskap wat gebruik kan word om renosters se horings mee te stroop.

“Die saak is aan die polisie oorhandig en sodra die verdagte in die hospitaal gesond genoeg is, sal klagte vir verdere ondersoek ingedien word,” het Nkambule gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.