Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Stropers op borgtog ‘werk nóg harder’

Terwyl hulle op borgtog uit is en wag om gevonnis te word, gebruik renosterstropers die tyd om vinnig soveel moontlik horings te stroop om geld te maak voordat hulle tronk toe gaan.

Dr. Lorinda Hern van die Rhino Rescue-projek by di
Dr. Lorinda Hern van die Rhino Rescue-projek by die renosterwesie Vusi, wie se horing in 2010 in die Krugerwildtuin gestroop is.

Só sê Pelham Jones, voorsitter van die private renostervereniging Proa. Stropers wat op borgtog uit is, werk nóg harder as dié wat vry rondloop, sê hy. “Dis vir hulle amper soos ’n aansporing.”

En moenie dink hul tyd is min nie, sê hy. “Die tyd wat dit neem om gevonnis te word, is ’n grap. Sake word vir nonsens uitgestel. ’n Saak teen stropers wat ons in 2017 in hegtenis geneem het, is nou die dag weer uitgestel.”

Jones sê die meerderheid stropers wat in hegtenis geneem word, doen dit deeltyds. “Hulle het ander werk, maar hulle sien stropery as ’n manier om vinnig geld te maak.

“Hierdie (stropers) is nie jou arm bestaansvleisstropers nie. Hulle word goed gefinansier. Jy sal sien, of dit nou in die Kruger (-wildtuin) is of enige ander saak, die stropers het geld vir private regsverteenwoordigers. Hulle bring hul eie prokureurs.”  

Jones sê dis ’n ou laai van die stropers om hul regsverteenwoordiger op die dag van die hofsaak af te dank om die saak te vertraag. Dit beteken die saak moet uitgestel word om ’n nuwe regsverteenwoordiger ’n kans te gee om op hoogte te kom. En dié wat wel gevonnis word, kom te lig daarvan af, sê Jones.

Dr. Lorinda Hern van die Rhino Rescue-projek stem saam dat die meeste vonnisse nie swaar genoeg is om die stropers af te skrik nie. Renosterstropery is ’n misdaad met betreklik lae risiko’s. Boonop, sê sy, lei nie alle arrestasies tot ’n skuldigbevinding of vonnis nie.
Isaac Phaahla, Sanparke-woordvoerder, sê egter die howe is behulpsaam.

“Die meeste sake wat verhoor word, word suksesvol vervolg met lang vonnisse.”

Sanparke se jaarverslag toon Suid-Afrika se renosterbevolking het die afgelope tien jaar met 70% gekrimp weens stropery.

Meer oor:  Pelham Jones  |  Proa  |  Borgtog  |  Renosterstropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.