Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Stropers se baas’ weer vas vir moord
Joseph Nyalungu, ook bekend as Big Joe.

Die hoof van ’n vermeende renosterstropersindikaat in Mpumalanga en ’n vermeende medepligtige is Woensdagmiddag vir ’n tweede keer in hegtenis geneem weens ’n moord wat hulle na bewering in 2010 gepleeg het.

Joseph Nyalungu (56), ook bekend as Big Joe, en Elvis Mulimi (50) is destyds ná die moord op Willy Shipalane (36) in hegtenis geneem en het toe in die hof in Hazyview verskyn. Die moorddossier het weggeraak en die saak is toe voorlopig van die rol geskrap.

Nyalungu is tans op borgtog van R35 000 weens die besit van renosterhoring. Hy is in 2011 weens dié beweerde misdaad in hegtenis geneem.

Intussen is die renosterstropingsaak al meer as tien keer uitgestel. Nyalungu verskyn weer in Augustus daaroor in die hof, het ’n polisiewoordvoerder gister gesê. ’n Datum vir sy verskyning in die hooggeregshof sodat die verhoor kan begin, sal “hopelik” dan bepaal word.

Die Valke het Donderdag in ’n verklaring gesê Nyalungu en Mulimi is weens die moord op Shipalane in hegtenis geneem ná ’n gesamentlike operasie deur die direktoraat vir prioriteitsmisdade in Mpumalanga, ’n spesiale taakspan, misdaadintelligensie en plaaslike eenhede van die polisie. Albei het gister vlugtig in die hof in Witrivier verskyn. Hulle is in aanhouding en sal Dinsdag om borgtog aansoek doen.

Nyalungu is ’n voormalige adjudant-offisier wat by die Witrivier-polisiekantoor gestasioneer was. In 2018, toe dit blyk hy skuld die Suid-Afrikaanse Inkomstediens R21 miljoen, is beslag gelê op sy besittings, wat hy vermoedelik gekoop het met geld wat hy met die verkoop van renosterhoring verdien het. Die waarde van sy besittings, waaronder verskeie huise en voertuie, is destyds geraam op meer as R8 miljoen.

Nyalungu is voorheen ook op aanklagte van diefstal, sameswering om ’n misdaad te pleeg, korrupsie en geldwassery vervolg.

Mulimi word nie met die renosterstropersindikaat verbind nie.

Meer oor:  Moord  |  Stropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.