Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Stryery oor senioriteit lei glo tot man se mesdood

’n Stryery oor senioriteit tydens ’n tradisionele seremonie het glo tot die moord van ’n 26-jarige man in die Oos-Kaap gelei.

Die voorval het Dinsdag omstreeks 16:30 by ’n huis in die iLinge-township buite Komani (Queenstown) gebeur.

Volgens die polisie het die slagoffer en ’n 23-jarige man tydens ’n inisiasieseremonie gestry oor wie meer senior tussen hulle is, wat sou bepaal waar hulle aan ’n tafel tydens die seremonie sou sit.

Die huis was vol mense en albei mans het glo uitgestorm en buite verder gestry.

“Die 23-jarige man het na bewering ’n mes uitgepluk en die ander man daarmee in die bolyf gesteek,” sê kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder.

Die verdagte is kort daarna vir die moord in hegtenis geneem en sal binnekort in die landdroshof in Ezibeleni verskyn.

Die polisie weerhou nog die oorledene se naam.

Meer oor:  Queenstown  |  Oos-Kaap  |  Messteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.