Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Student in bed met mes gedreig, beroof

’n Student (22) is in die vroeë oggendure Dinsdag in Port Elizabeth in sy woonstel deur twee persone met ’n mes gedreig en beroof.

Na bewering het die twee rowers toegang tot die woonstel in Admiralty-rylaan gekry deur ’n woonsteldeur wat toe was, maar nie gesluit nie. Die rowers het goedere ter waarde van R11 000 gesteel.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, word beweer dat die rowers die student van die Nelson Mandela-Universiteit (NMU) wakker gemaak, met ’n mes gedreig en hom onder meer van ’n skootrekenaar en selfoon beroof het.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Die polisie het studente gewaarsku dat hulle maklike teikens vir misdadigers is en dus hul veiligheidsmaatreëls moet opskerp.

Naidu sê studente moet verseker hul veiligheidshek is minstens gesluit wanneer die huisdeur oop is en elkeen moet meer doen om nie ’n slagoffer van misdaad te word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.