Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Student in hof ná aanval op polisie in betoging

Die student wat daarvan aangekla word dat hy ’n Njala-voertuig naby die kampus van die Walter Sisulu-Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie aan die brand gesteek het, bly in aanhouding.

Mfuneko Mankengana (24), ’n student van die universiteit se Mthatha-kampus, het Donderdag in die landdroshof in Mthatha verskyn.

Die saak is tot Woensdag vir ’n aansoek om borgtog uitgestel.

Volgens Luxolo Tyali, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, word hy aangekla van skade aan noodsaaklike infrastruktuur, openbare geweld, opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Mankengana is Dinsdag in hegtenis geneem ná ’n gewelddadige optog Maandag in Nelson Mandelaweg naby die kampus uitgebreek het.

Hy was na bewering deel van ’n groep studentebetogers wat polisielede aangeval en ’n Njala, waarin twee polisielede was, aan die brand gesteek het. Die polisielede kon betyds uit die voertuig kom voordat dit uitgebrand het.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.