Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Student op trein met mes gesteek, vrees vir haar lewe

’n Student van Kuilsrivier is in die Netcare Kuilsrivier-hospitaal opgeneem nadat sy op ’n trein wat haar van die kampus af huis toe sou neem, aangeval en beroof is.

Tiffany Struwig (21), ’n student in grafiese ontwerp aan die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT), is Maandag twee keer met ’n mes gesteek toe sy nie haar selfoon aan ’n rower op die trein wou gee nie.

Tiffany Struwig Foto: Verskaf

Sy is een keer regdeur haar pols gesteek, en ’n tweede keer in haar bors, waar die mes net-net haar hart gemis het.

Tiffany se hand is Dinsdag geopereer en sy het steke aan haar bors gekry.

“Ek dink die feit dat sy twee baadjies aangehad het, het haar teen die mes beskerm. Daarsonder sou sy dalk dood gewees het,” sê haar ma, Melody.

“As sy nie haar foon gegee het nie, sou hy haar doodmaak.”

Melody sê dit was nie die eerste keer dat haar dogter bedreig gevoel het op die trein waarmee sy daagliks kampus toe ry nie.

“’n Vrou het voorheen probeer om vir Tiffany van die trein af te gooi nadat sy gesê het sy ‘hoort nie op die trein nie’. Sy is ook een keer amper beroof toe iemand probeer het om haar rugsak van haar rug af te ruk.”

Melody het haar dogter na die hospitaal gevat toe die trein op Bellville-stasie aankom.

Die dokters het aanvanklik gevrees dat haar dogter miskien die gevoel in haar arm sou verloor.

Tiffany se pa, Bertus, is ’n polisiebeampte, en hy het die saak by die owerhede aangemeld. Die polisie in Kuilsrivier het egter nie rekord dat dit by hulle aangemeld is nie.

Tiffany kon Dinsdagoggend al ’n halwe vuis maak met haar regterhand.

“Geloof het ’n baie groot rol gespeel om ons gesin te help deur die situasie, en ons bid maar net heeltyd vir haar,” sê Melody.

Wat die gesin nog meer van die voorval ontstel het, is dat die ander mans wat op die trein was tydens die aanval weggehardloop het toe hulle sien wat gebeur, sê Melody.

“Maar ná ’n ruk het ’n man vir Tiffany gaan help en sy selfoon vir haar geleen sodat sy my kon bel.”

Die selfoon wat gesteel is, was ’n vroeë verjaarsdaggeskenk van Tiffany se kêrel, Wihan Nieuwoudt.

Melody is nou bang dat haar dogter haar studies sal moet staak, omdat vervoer met die trein na die kampus en terug haar sal ontstel.

Sy is erg getraumatiseer.

“As sy die trollies hoor wat rondgestoot word in die hospitaal, herinner dit haar aan die geluid van die trein wat sy gehoor het toe sy aangeval is. As sy daaraan dink, kan sy nie die trane keer nie.”

Tiffany se pa, Bertus, is ’n polisiebeampte, en hy het die saak by die owerhede aangemeld. Die polisie in Kuilsrivier het egter nie rekord dat dit by hulle aangemeld is nie.

Meer oor:  Ksut  |  Kuilsrivier  |  Gesteek  |  Student  |  Trein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.