Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Student steek glo meisie, self met mes
Foto ter illustrasie.

Die polisie in Nelspruit sê hulle het rede om te glo dat een van die twee studente wat bewusteloos en bebloed in ’n koshuiskamer van die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) se Mbombela-kampus aangetref is, self vir die voorval verantwoordelik was.

Die twee studente, ’n 25-jarige man en sy 21-jarige meisie, is Sondagoggend met steekwonde in die Urban Cove-manskoshuis aangetref.

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê hulle het “rede om te glo” dat die manstudent sy meisie Sondagoggend in sy koshuiskamer met ’n mes gesteek en homself toe met dieselfde mes gesteek het.

“Medestudente het in die vroeë oggendure Sondag nooddienste ontbied toe hulle die paartjie bebloed in die kamer kry. Hulle het geluide in die nag gehoor en agterdogtig geraak,” sê Sedibe.

’n Saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is by die polisie aanhangig gemaak.

“Ná verdere ondersoek het dit begin deurskemer dat die man sy meisie en toe homself gesteek het. Ons weet nie hoekom nie.”

Die twee is in ’n ernstige toestand en bewusteloos. Hulle word in ’n plaaslike hospitaal behandel.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort, sê Sedibe.

Meer oor:  Tut  |  Nelspruit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.