Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Student van Kroonstad met ARM’s gevang

’n Student van Kroonstad is aangekeer in die jongste voorval vir die besit van vermoedelike gesteelde antiretrovirale middels (ARM’s) in die Vrystaat.

Die 24-jarige man, ’n student aan ’n kollege in Kroonstad, is Donderdagoggend in Welkom se middedorp aangekeer in die vyfde voorval vanjaar waar mense met onwettige ARM’s in die Vrystaat betrap is.

Die student se inhegtenisneming kom slegs ’n dag nadat twee amptenare van die Vrystaatse gesondheidsdepartement en nog ’n werknemer van ’n kliniek in Virginia saam met twee ander aangekeer is. Die vyf is met ARM’s en plofstof betrap toe die polisie op ’n huis in Stiltepark, Meloding, toegeslaan het.

In die jongste geval sê brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, die polisie het inligting ontvang oor iemand wat in die besit van dwelms is. Die polisie het twee verdagtes genader, maar een van hulle het daarin geslaag om weg te kom. Die tweede man (die student) is aangekeer en die polisie het 1 025 los tablette in sy rugsak gevind. Hy verskyn binnekort in die landdroshof in Welkom.

Die antiretrovirale middels wat Donderdagoggend in ’n student van Kroonstad se rugsak gevind is toe die polisie hom aangekeer het. Foto: Verskaf
Meer oor:  Kroonstad  |  Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.