Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Studente beroof, 1 om die beurt verkrag

’n Gesamentlike taakmag is op soek na ses verdagtes wat Saterdag by ’n koshuis buite die kampus van die Universiteit van Venda in Thohoyandou, Limpopo, ingebreek het, studente beroof het en een van hulle om die beurt verkrag het.

Brig. Motlafela Mojapelo, ’n polisiewoordvoerder, sê ses gewapende mans het die deure van die koshuis om 20:20 oopgebreek en waardevolle besittings en geld geroof.

“Daarna is een van die studente, ’n 19-jarige vrou, na ’n veld daar naby gesleep en om die beurt verkrag. Die slagoffer is vir dood agtergelaat.”

Toe die polisie opdaag, het die verdagtes reeds gevlug, sê Mojapelo.

’n Taakspan van onder meer lede van misdaadintelligensie, die speurdiens, die honde-eenheid (K9-eenheid) en die opsporingseenheid soek na die verdagtes.

“Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof en ses aanklagte van verkragting.

  • Enigiemand met inligting kan sers. Nevhutalu by 072 611 7887 bel of die Stop Misdaad-nommer 08600 10111 skakel,” het Mojapelo gesê.


Meer oor:  Limpopo  |  Thohoyandou  |  Soektog  |  Studente  |  Misdaad  |  Beroof  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.