Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Studente in Universitas beroof

Die polisie in Bloemfontein ondersoek ’n saak van roof nadat drie studente Saterdag in die vroeë oggendure in Parkwes, Bloemfontein, met ’n pistool gedreig en van hul handsakke beroof is.

Die studente het omstreeks 01:00 in Calvynsingel vir ’n metertaxi gestaan en wag toe ’n wit Toyota Tazz by hulle stilgehou het.

Kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê twee mans het uit die motor geklim. Een van hulle het die studente met ’n vuurwapen gedreig en hul sakke geëis.

Die studente het twee handsakke, met selfone, huissleutels, ’n beursie en geld in, aan die mans oorhandig, wat daarmee weggejaag het. Die studente is nie beseer nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

* In ’n voorval Vrydag het drie gewapende mans ’n man van Fase 10, Bloemside, Bloemfontein, omstreeks 20:30 gekaap kort nadat hy by die huis aangekom het.

Volgens sers. Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder, wou die man net uit sy wit Toyota Hilux-bakkie klim toe die mans hom genader en met vuurwapens gedreig het.

Hulle het hom van sy selfoon beroof en ook sy bakkie geëis.

Volgens Hlubi het die kapers saam met die man in sy bakkie weggery en hom later afgelaai met sy hande en voete wat vasgebind was.

Die man kon homself loswikkel en het na die Bloemspruit-polisiekantoor gestap, waar hy die voorval aangemeld het.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Netwerk24 verneem die bakkie is reeds in Lesotho.

Meer oor:  Universitas  |  Bloemfontein  |  Studente  |  Misdaad  |  Beroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.