Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Stutterheim-moord: Weduwee sien nie meer vir SA kans

Die weduwee van Gagik Ovsepian (56), wat ten aanskoue van sy vrou in ’n rooftog in Stutterheim doodgeskiet is, sê haar man is wreed en afskuwelik afgemaai.

Gagig Ovsepian wat vir sy horlosie vermoor is. Foto: Gagik Ovsepian/Facebook

Hy het nog 30 minute lank in ’n plas van sy eie bloed vergeefs aan die lewe probeer vasklou.

Sy lewe was sy horlosie werd vir die moordenaars.

Ovsepian was die eienaar van Southern Fried Chicken op Stutterheim.

Hy en sy vrou, Lubov (61), is Saterdag om 03:00 in hul huis oorval. Die aanvallers het glo deur ’n oop venster by die huis ingekom.

Terwyl die polisie nog kopkrap oor wie vir Ovsepian se moord verantwoordelik is, het Lubov vertel hoe sy by hul aanvallers gepleit het om hul lewe te spaar.

Die egpaar het hulle in 1993 in Suid-Afrika kom vestig nadat die Sowjet-Unie ontbind is.

Lubov het Woensdag gesê sy het ná haar man se “koelbloedige” moord besluit om Suid-Afrika te verlaat. Sy gaan die onderneming, hul huis en al hul besittings verkoop, en sal by familie in Europa gaan bly.

“Ons was aan die slaap toe hulle inbreek. Die geluide van my man wat met twee aanvallers in die kamer stoei het my wakker gemaak.

“Hulle het hom oorrompel. Hulle het hom twee keer in die rug geskiet. Toe hy neerval en na die deur strompel, is nog twee skote op hom geskiet.”

Lubov sê nadat die twee aanvallers haar man op die boonste verdieping van die huis geskiet het, het ’n derde man, na wie sy as ’n “tienerseun” verwys het, sy verskyning gemaak.

Hy het glo die koeëldoppies van die toneel af verwyder.

Sy sê hul aanvallers het deurentyd op ’n gewelddadige wyse geld geëis, en het die vuurwapen op haar gerig en gedreig om haar ook dood te maak.

Hy het nog so 30 minute geleef, maar kon nie praat nie. Ek het met hom gepraat om hom aan die lewe te probeer hou.

“Hulle het gedink ’n sak wat in die huis was, het geld bevat, maar my man het die middag sy verskaffers en vir ander goedere betaal, so daar was niks.”

Die verdagtes het in die egpaar se silwerkleurige Mercedes-Benz van die toneel weggejaag. Die motor is later verlate op die N6 gekry.

“Hy het nog so 30 minute geleef, maar kon nie praat nie. Ek het met hom gepraat om hom aan die lewe te probeer hou.”

In ’n stadium het Lubov by die bure gaan aanklop om hulp. Die ambulans het eers twee ure later by die huis aangekom, sê sy.

Woensdag het Lubov reëlings getref sodat haar man se oorskot na sy geboorteland, Armenië, gevlieg word. Ovsepian gaan langs sy pa begrawe word.

“Alles is nog so onwerklik. Daar is geen rede meer vir my om hier te bly nie. ’n Mens moet soos ’n gevangene leef in jou eie huis.”

Lubov sê sy het die aanvaller wat die sneller getrek het, in die gesig gekyk. Sy het nie veel hoop dat die polisie die mans gaan vang nie.

Meer oor:  Stutterheim  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.