Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sunningdale: Vermeende rowers ná jaagtog aangekeer

Twee verdagtes is Donderdagaand ná ’n jaagtog met die polisie vasgetrek nadat ’n vrou van in haar 20’s in haar huis in Sunningdale, Kaapstad, oorval is.

Die voertuig waarin die verdagtes was, was uiteindelik by Ysterplaat in ’n ongeluk. Een van die drie verdagtes het weggekom, maar die polisie het die ander twee in hegtenis geneem, sê kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder.

Die polisie is steeds op soek na die derde verdagte.

Die twee verdagtes, van onderskeidelik 29 en 39 jaar oud, sal Maandag in die landdroshof in Kaapstad verskyn. Hulle word daarvan verdink dat hulle die vrou van haar besittings en haar voertuig beroof het nadat hulle haar in haar huis oorval en vasgebind het.

Nadat die rowers weg is, het die vrou haarself losgewikkel en die polisie ontbied.

Die voertuig is deur die stad se veiligheidskameras opgemerk, waarna die beheerkamer die lede op die grond van die voertuig se ligging verwittig het. Die voertuig is deur die polisie en lede van ’n private veiligheidsmaatskappy agternagesit.

Al die vrou se gesteelde artikels is teruggevind.

Meer oor:  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.