Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
SUT ‘geskok’ oor moord op vrouestudent

Die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) is geskok oor die “hartelose moord” op Dimakatso Constance Mokoena (30), ’n eerstejaarstudent van Phuthaditjhaba, wat deur haar kêrel doodgeskiet is.

Die polisie het Ivan Gibson (41) se lyk Vrydagoggend saam met Mokoena s’n in ’n goue Opel Zafira by Gwen Bali Water World, ’n ontspanningsoord buite Bloemfontein, gekry. Albei het ’n kopwond gehad en die vuurwapen is tussen Gibson se bene gevind.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê ’n doodsondersoek is begin en moord word ondersoek.

Dan Maritz, SUT-woordvoerder, sê die SUT-gemeenskap is erg geskok oor wat met hul eie student gebeur het.

Volgens hom was Mokoena ’n student in mensehulpbronbestuur.

Die SUT veroordeel dade van geslagsgeweld ten sterkste en skaar hom by pres. Cyril Ramaphosa se wekroep om op te staan teen enige vorm van wrede aanvalle op vroue en kinders.

Hy sê haar dood kom op ’n tyd waar die land steier onder afskuwelike voorvalle van geslagsgeweld.

“Ons kan nie spekuleer oor wat kon gebeur het nie, aangesien dit ten volle ondersoek word.”

Hy sê die SUT bly toegewyd tot die bevordering van vroue in die akademie en verskeie rolle binne die sektor.

“Die SUT veroordeel dade van geslagsgeweld ten sterkste en skaar hom by pres. Cyril Ramaphosa se wekroep om op te staan teen enige vorm van wrede aanvalle op vroue en kinders.

“Die dood van Dimakatso is nie net ’n verlies vir haar familie nie, maar ook die hele SUT-gemeenskap en die nasie.”

Gibson was volgens Mbambo ’n IT-spesialis van Bohlokong, Bethlehem.

“Volgens inligting is Mokoena Donderdag laas gesien toe sy haar kêrel, die oorledene, gaan sien het. Die twee het glo vroeër ’n argument gehad.”

’n Verdere ondersoek dui daarop dat die motor en die vuurwapen aan Gibson behoort het, sê Mbambo.

Inwoners het die polisie ingelig van ’n voertuig se enjin wat sedert Donderdagaand regdeur die nag geluier het. Die voertuig se ligte was ook nog aangeskakel toe die polisie Vrydagoggend om 08:00 daar aankom en die lyke in die voertuig vind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.