Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Syfers toon Limpopo 'is veiligste' in noorde van land

Limpopo is steeds die veiligste provinsie in die noorde van die land luidens die nuutste misdaadstatistieke wat Dinsdag bekend gemaak is.

Tanya Wiers is in 2017 in Polokwane vermoor.

Hoewel Limpopo se aangemelde misdaad die laagste is naas die Noord-Kaap, het moord, poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en rooftogte by huise sowel as by sake-ondernemings gestyg.

Die moordsyfer het met 12,1% gestyg vanaf 813 moorde in die 2016-'17-boekjaar tot 911 in 2017-'18.

In Polokwane, die hoofstad van Limpopo, het moord met 61,5% gestyg. Daar is agt meer moorde aangemeld (21 in 2017-'18) vanaf die 13 in die ooreenstemmende tyd die vorige jaar.

Tanya Wiers (44), ’n ma van drie kinders wat in Februarie 2018 helder oordag in haar huis in die stad vermoor is, se gesin word steeds erg geraak deur haar moord.

Rolf Wiers, haar man, was Maandag eers verslae en toe woedend toe die verhoor van Frans Maela (28), sy vrou se vermeende moordenaar, met sewe maande tot in Mei volgende jaar in die hooggeregshof in Polokwane uitgestel is.

"Ons hele lewe is uitmekaar geruk na die moord op Tanya. Ek wil net weet wat in daardie huis gebeur het," sê Wiers.

Rolf Wiers van Polokwane sê die moord op sy vrou, Tanya, het hul gesin geruk.

Rolf jr. (18), was 16 jaar oud toe hy na skool op sy ma se halfnaakte en bebloede lyk in hul ruim en goed beveiligde huis in Eduan Park afgekom het. Hy het Maandag sy kop in sy hande laat sak toe die hof gehoor het Maela staan ook tereg weens die beweerde verkragting van Tanya.

Tanya is 21 keer met ’n steakmes en skêr gesteek en haar oë is uitgekerf.

Die moordsyfer het ook in Lephalale (Ellisras) met 42,9% gestyg. Dr. Werner Emslie (55) was een van die moordslagoffers in die dorp. Hy is in Oktober op sy plaas buite die dorp doodgeskiet. Poging tot moord het in Lephalale met ’n allemintige 140% gestyg.

Limpopo se misdaadsyfers wys dat motorkapings met 27,2% gestyg het vanaf 584 voorvalle in 2016-'17 tot 459 aangemelde sake in die 2017-'18-boekjaar.

Rooftogte by huise het met 26,2% gestyg (vanaf 1 181 in die 2016-'17-boekjaar tot 1 490 in 2017-'18.) Inbrake by huise het afgeneem vanaf 15 984 in die 2016-'17-boekjaar tot 14 351 in 2017-'18.

Dr. Werner Emslie (55) is in Oktober in Lephalale (Ellisras) vermoor. Sy vrou, Mariette, is gewond.

Rooftogte by sakeondernemings en winkels het met 4,1% gestyg van 1 750 tot 1 821 gevalle in die huidige boekjaar.

Transitorooftogte het in Limpopo net soos in die res van die land skerp gestyg. Luidens die polisie se statistieke het dit met 40% gestyg vanaf tien transitorooftogte in 2016-'17 tot 14 in 2017-'18. Veediefstal in die provinsie het met 11,8% gestyg.

Meer oor:  Tanya Wiers  |  Limpopo  |  Plaasaanvalle  |  Moord  |  Misdaadstatistiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.