Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Taakmaglid se moordenaars nog op vrye voet

Die polisie is steeds op soek na vier mans wat verlede Donderdagaand ’n konstabel in die polisie se spesiale taakmag in die Wes-Kaap tydens ’n huisinbraak in Mfuleni geskiet het.

Konst. Mlungisi Kidwell Ranaka (38) en sy vriendin is by sy huis in Tsazostraat in Mfuleni deur die mans oorrompel wat sy dienspistool geëis het.

Volgens die polisie het die voorval omstreeks 21:15 gebeur en het ’n familielid van die polisieman se vriendin aangedui die inbrekers het haar uitgevra oor die polisieman se vuurwapen.

Konst. Mlungisi Kidwell Ranaka (38) wat doodgeskiet is. Foto: Verskaf

Die rowers het Ranaka in die kop geskiet toe hy nie sy vuurwapen kon gee nie.

Volgens die polisie het die rowers in ’n silwer Toyota Avanza gevlug nadat hulle twee selfone, ’n polisieselfoon en twee televisiestelle gebuit het.

Die polisieman is in ’n hospitaal in Kuilsrivier dood verklaar.

Ranaka is oorspronklik van Willowvale in die Oos-Kaap en is al 12 jaar in die polisiediens, waarvan hy agt jaar in die spesiale taakspan in Kaapstad was.

Kol. Brenda Muridili, nasionale polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie en speurders is besig om alle leidrade op te volg.

Sy sê die polisie het hulle 72-uur-aktiveringsplan gemobiliseer om die skuldiges op te spoor.

Enigeen met inligting oor die voorval kan Stop Misdaad by 086 00 10111 bel.

Meer oor:  Mfuleni  |  Kaapstad  |  Polisiemoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.