Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Talle vas oor dwelms, gevaarlike wapens in Knysna

Sestien mense is die naweek in Knysna en omliggende gebiede in die Suid-Kaap in hegtenis geneem oor dwelms en die besit van gevaarlike wapens. Daar is ook beslag gelê op dwelms met ’n straatwaarde van R90 000.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring die polisie het hom die naweek toegespits op onwettige dwelm-afsetpunte rondom Mankonkwanastraat in Sedgefield en die Nekkies-gebied in Knysna.

By een perseel wat deursoek is, is 369 Mandraxtablette gekry en by die ander een 737. Daar was ook inhegtenisnemings vir klein hoeveelhede tik, en Mandraxtablette is ook by van die verdagtes gekry, sê Pojie. Die meeste mense is in en om Knysna se sentrale sakekern in hegtenis geneem.

Pojie sê nog 11 mense is in hegtenis geneem vir die besit van gevaarlike wapens. Daar is op messe, ’n kapmes en ander skerp voorwerpe beslag gelê.

Kol. Atwell Metu, Knysna se stasiebevelvoerder, het die polisiebeamptes geprys vir hul optrede. Hy het misdadigers gewaarsku dat soortgelyke optredes in die toekoms gaan plaasvind in ’n poging om geweldsmisdade teen vroue en kinders stop te sit.

Van die verdagtes het Maandag reeds in die landdroshof in Knysna verskyn. Die ander sal later die week in die hof verskyn. Die klagte teen hulle wissel van handel in dwelms, tot die besit van dwelms en gevaarlike wapens.

Meer oor:  Kapt. Malcolm Pojie  |  Knysna  |  Inhegtenisname  |  Dwelms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.