Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tandarts se man in praktyk doodgeskiet

Die man van ’n tandarts is Maandagmiddag in ’n gewapende rooftog in hul praktyk in Khayelitsha, Kaapstad, doodgeskiet.

Abdul Rasheed Halday (56) is in die praktyk waar sy vrou, dr. Camillah Bayat, die tandarts is, doodgeskiet. Hy was die kantoorbestuurder.

Die voorval het omstreeks 16:30 by die praktyk in Ntlazanestraat, Lingelethu-Wes, gebeur.

Halday se neef, Hassan, het Dinsdag gesê dit was ’n gewapende rooftog wat skeefgeloop het. Hy kon nie sê of enigiets geroof is nie.

“Rasheed is van agter in sy kop geskiet en is later in die hospitaal dood.”

Sy vrou was nie ten tyde van die voorval by die praktyk nie.

Hassan sê die familie is geskok. “Dit gaan nie goed nie. Rasheed het twee jong kinders en die familie is platgeslaan oor sy dood.”

Die familie sê Halday sal volgens die Moslem-geloof begrawe word sodra die polisieondersoek afgehandel is.

Twee mans het die praktyk binnegekom en die veiligheidswag gedreig.

Faiez Jacobs, ANC-parlementslid in die Wes-Kaap, sê Halday se familie doen baie vir die gemeenskap op die Kaapse Vlakte deur mediese dienste aan hulle te verskaf en geld aan minderbevoorregtes te gee.

Volgens Jacobs is die betrokke praktyk een van vier wat Halday op die Kaapse Vlakte bestuur het.

“Hy kom uit ’n familie van prominente mediese praktisyns wat oor die jare heen die behoefte gesien het om broodnodige mediese dienste aan die mense hier te lewer.”

Hy sê Halday sal onthou word vir sy diens aan en liefde vir sy medemens.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n saak van moord en sakeroof.

“Twee mans het die praktyk binnegekom en die veiligheidswag gedreig. Hulle het die hekke se sleutels afgevat en hom in een van die kamers ingedwing.”

Volgens die polisie het die wag drie skote gehoor en later gaan ondersoek instel en Halway gevind waar hy geskiet is.

Enigeen met meer inligting moet die Lingelethu-Wes-polisiekantoor by 021 360 2267 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.