Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tannie en ouma laai inkopies af, aangeval met graaf

"Hulle is vir dood gelos."

So sê JP Barnard oor sy ouma, Esmé Venter (72) en tannie Priscilla Venter (52), wat Maandagmiddag laat op ’n hoewe buite Northam in Limpopo met ’n graaf aangeval is.

Die bloedbesmeerde kombuis waar twee vroue op 'n hoewe buite Northam aangeval is.

"Dit veroorsaak baie haat in ’n mens se hart," sê Barnard.

Die twee vroue is aangerand minder as ’n dag voordat die nasionale misdaadsyfers in die parlement bekend gemaak is. Luidens die jongste statistieke is nege plaasmoorde in die 2017-'18-boekjaar in Limpopo aangemeld.

Venter en haar dogter het laatmiddag vanaf die dorp op die hoewe aangekom en was besig om kruideniersware uit hul motor te laai toe hulle oorval is.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê dit is nie seker hoeveel mans die Venters aangeval het nie.

Barnard sê nadat sy ouma en tannie herhaaldelik met ’n graaf geslaan is, is ’n besemstok gebruik om hulle verder mee te slaan. Daar is ook ’n mes met bloed daaraan in die bloedbesmeerde kombuis gekry.

Die graaf waarmee twee vroue geslaan is op 'n hoewe buite Northam in Limpopo.
Nooddienswerkers se handskoene in 'n plas bloed waar twee vroue buite Northam aangeval is.
Hierdie mes is ook gebruik in die aanval op twee vroue op ’n hoewe buite Northam.
Die bebloede kombuis in 'n huis op 'n hoewe buite Northam waar twee vroue aangeval is.
Die graaf waarmee twee vroue op 'n hoewe buite Northam aangeval is.

"My ouma het genadiglik na ’n ruk bygekom. Sy het na die hoofhek van die hoewe geloop en om hulp geskreeu, ons weet nou nog nie hoe sy dit reggekry het om te loop nie," sê Barnard.

’n Man wat op ’n nabygeleë hoewe aan ’n watertenk gewerk het, het haar hulpkrete gehoor en hulp ontbied. Priscilla Venter was bewusteloos ná die aanval.

Die vroue is eers per ambulans na ’n hospitaal in Thabazimbi geneem, waarna hulle na ’n hospitaal in Rustenburg oorgeplaas is. Hulle is albei in ’n bedenklike, maar bestendige toestand.

Barnard sê die drie polisielede van die Northam-polisiekantoor "het net in hul bakkie gesit en gelyk of hulle nie daarin belangstel om te help nie". Volgens hom sal misdaad eers behoorlik bekamp kan word wanneer daar van korrupte polisiebeamptes ontslae geraak word.

"Mense moet ook meer begin saamstaan en teen misdaad baklei."

Heritage Protection Group (HPG), ’n misdaadbestrydingsorganisasie wat deur oudpolisielede gestig is, is sedert Maandagaand besig met ’n reuse soektog na die aanvaller(s). Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Esmé Venter (72) en haar dogter, Priscilla (52), van Northam wat met ‘n graaf aangeval is. Foto: Verskaf

Meer oor:  Esmé Venter  |  Jp Barnard  |  Priscilla Venter  |  Northam  |  Limpopo  |  Graaf  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.