Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tanzaniese sakeman in Braamfontein vermoor
Paramedici op die toneel waar ’n 36-jarige man Maandagmiddag in Braamfontein doodgeskiet is. Foto: ER24

Die polisie in Hillbrow ondersoek die moord op ’n 36-jarige Tanzaniese sakeman Maandag in Braamfontein, Johannesburg.

Twee mans in ’n swart BMW X5 het die Tanzaniër, wat ’n skrootwerf besit, Maandag omstreeks 15:00 in Jutastraat vyf keer in die bors geskiet. Paramedici het hom later op die toneel dood verklaar.

Kapt. Musa Shihambe. polisiewoordvoerder in Hillbrow, wou hom nie Dinsdag daaroor uitlaat of dit ’n sluipmoordaanval was nie.

“Ek wil dit nie ontken of bevestig nie, want ek het nie al die feite nie. Die ondersoekspan volg alle leidrade op. Dit is nog te vroeg in die ondersoek om enige gevolgtrekkings te maak.

“Noem dit eerder ’n raaiselmoord as ’n sluipmoord. Die motief vir die aanval is nog onbekend.

“ ’n Ander man, wat saam met die oorledene in sy wit Audi RS3 gery het, is ongedeerd,” het hy gesê.

Die oorledene se identiteit is nog nie bekend gemaak nie omdat sy familie eers van sy dood in kennis gestel moet word.

Shihambe het ’n beroep gedoen op mense met inligting om die Stop Misdaad-nommer, 08600 10111, te skakel.

Meer oor:  Braamfontein  |  Sakeman  |  Tanzanië  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.