Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tavernebaas vas, R5 m. se drank gekonfiskeer

’n Taverne-eienaar van Butterworth in die Oos-Kaap is saam met twee werknemers in hegtenis geneem en die polisie het op miljoene rande se drank beslag gelê, sê brig. Thembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder.

Hy sê drie mans is in hegtenis geneem omdat hulle die inperkingsregulasies oortree het deur drank te verkoop.

Pres. Cyril Ramaphosa het op 28 Desember die inperking tot vlak 3 verander en gesê drankmisbruik plaas onnodige druk op die gesondheidsdienste. Dié inperkings is vroeër die maand tot 15 Februarie verleng.

Kinana sê die inhegtenisnemings en beslaglegging is gedoen danksy ’n inligtingsgedrewe optrede waarby verskeie polisie-eenhede betrokke was.

Volgens Kinana het die polisie ondersoek ingestel nadat inwoners van uitbreiding sewe van die Msobomvu-township gekla het omdat die eienaar van ’n plaaslike kuierplek die regulasies geïgnoreer het.

Die polisie het die taverne twee weke lank dopgehou voordat hulle Saterdag toegeslaan het, die drie mans in hegtenis geneem en op R5 miljoen se drank beslag gelê het. Die drie sal binnekort in die hof verskyn.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.